Winterspele - 30 atlete geskors
2010-02-12 02:43
Vancouver - Meer as dertig atlete is reeds weerhou daarvan om aan die Winterspele in Kanada deel te neem weens opkikkers.
John Fahey, voorsitter van die wêreldliggaam teen die gebruik van opkikkers (Wada), het Donderdag bevestig dat meer as 30 voornemende deelnemers aan die Spele geskors is.
Die skorsings sluit in atlete wat positief getoets het vir opkikkergebruik sowel as deelnemers wat die reëls rondom toetsprosedures oortree het.
Sowat 2 000 opkikkertoetse sal gedurende die Spele uitgevoer word.
Meer as 70 atlete is in 2008 tydens die Somerspele in Beijing geskors.
- Sapa-AP