Wimbledon wil nog 'n dak bou
2011-07-01 15:14
Kaapstad – Wimbledon is vanjaar weer deur reën ontwrig en organiseerders van die grasbaan-toernooi oorweeg nou om ook vir baan een 'n dak te laat bou.
Nadat 'n 15-jaar lange hernuwingsprojek so pas by die All England-klub afgehandel is, is een van die volgende veranderinge wat oorweeg word, 'n tweede dak.
Wimbledon se hoofbaan het in 2009 'n dak, wat kan terugtrek, gekry.
Die Australiese Ope het twee bane met dakke wat kan terugtrek en die Franse Ope sal teen 2016 'n dak oor sy hoofbaan hê.
Maar die Amerikaanse tennisvereniging het gesê hy beplan nie om 'n dak vir die Arthur Ashe-stadion, die hoofbaan by die Amerikaanse Ope, te laat bou nie.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
- SAPA