Williams-susters in kollig

2011-06-20 09:26
Tweets Share Share line Print

Londen. – Daar is verskeie vrae wat in die komende twee weke by Wimbledon beantwoord sal word, maar die tergendste een – wat die vroue betref – is: Hoe gaan die Williams-susters vaar?

Dié Grand Slam-tennistoernooi op gras begin Maandag hier. Serena is die tweemalige verdedigende kampioen en saam met Venus het hulle nege van die laaste 11 Wimbledon-titels verower.

Serena het egter sedert verlede jaar se Wimbledon-toernooi nog net in twee toernooie gespeel. Sy het twee voetoperasies ondergaan én het benoude oomblikke beleef toe ’n bloedklont in haar long gevind is. Venus het in Januarie laas gespeel weens ’n heupbesering.

Daar is verskeie ander vrae wat antwoorde soek.

Kan Roger Federer sy sewende Wimbledon-titel wen? Kan Rafael Nadal ’n vyfde titel in ses Grand Slam-toernooie buit? Kan Novak Djokovic weer op die wenpad kom en sy eerste Wimbledon-titel verower? Kan Andy Murray uiteindelik – en genadiglik – die 75 jaar se gewag vir ’n Britse kampioen tot ’n einde bring?

Kan die voorste vroue-speler ter wêreld, Caroline Wozniacki, haar eerste Grand Slam-titel wen? Kan China se Li Na haar tweede agtereenvolgende Grand Slam-titel verower? Kan Maria Sharapova ’n Grand Slam-wendroogte van drie en half jaar sonder ’n Grand Slam-titel tot ’n einde bring?

Almal baie geldige en interessante vrae, maar hoe die Williams-suster gaan vaar, bly die prominentste.

“Dit sal eenvoudig ongelooflik wees as Serena haar titel suksesvol verdedig, dink ek,” het die 18-malige Grand Slam-wenner Chris Evert gesê.

“Ek kan nie dink hoe dit menslik moontlik gaan wees vir iemand wat so ’n swaar tyd beleef het en ’n jaar lank weg van die spel was nie, maar dis Serena van wie ons praat. Dit sal ’n skok wees, maar ’n mens mag haar nie onderskat nie.”

Evert is een van net vyf vroue wat meer Grand Slam-titels as Serena (13) het. Die ander is Margaret Court (24), Steffi Graf (22), Helen Wills-Moody (19) en Martina Navratilova (18).

Die 31-jarige Venus en 29-jarige Serena oorheers sake sedert 2000 hier by die All England Club. Daarom is Serena 7de gekeur ondanks haar 26ste plek op die wêreldranglys en Venus 23ste al is sy tans 33ste op die ranglys.

Wozniacki is eerste gekeur en geloot om teen Serena in die halfeindronde te staan te kom. Die derde gekeurde, Li Na, is ook aan Serena se kant van die loting, hulle kan in die kwarteindronde kragte meet. Venus en die tweede gekeurde, Vera Zvonareva van Rusland, is in die onderste helfte van die loting.

Nadal is die eerste gekeurde man en kan teen verlede jaar se finalis Tomas Berdych in die kwarteindronde te staan kom. Andy Roddick óf Murray kan sy teenstander in die halfeindronde wees. Federer en Djokovic is weer geloot om mekaar soos by die Australiese én Franse Ope in die halfeindronde te ontmoet.

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

- Sapa - AFP

Lees meer oor: tennis  |  wimbledon

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Sportkommentaar

Attie sê... As die kern van Heyneke se Bokspan verniel word gaan ons sukkel teen die pommies.Bulls gaan erg sukkel teen die lions en Sharks. Wat se Naas vir die Bulls en Stoermers? Die reeks word nie in Mei maand gewen. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. Partly cloudy. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers late. More sun than clouds. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

Hardbody 3300i V6 D-Cab Hi-Rider PU
2005
R 149,000.00

CITROEN

C2 1.4i VTR 3-dr
2006
R 99,995.00

BMW

X5 xDRIVE30d DYNAMIC AT
2012
R 854,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.