Wiggins: 'Armstrong hét in 2009 gekul'
2013-01-25 17:40
Londen – Bradley Wiggins is oortuig dat Lance Armstrong in 2009 opkikkers gebruik het, toe hy sy terugkeer tot fietsry gemaak het en beweer dat hy in die 2009 Tour de France van 'n plek op die podium beroof is.
Alhoewel Armstrong gebieg het dat hy tydens al sewe sy Tour de France-oorwinnings (1999-2005) verbode middels gebruik het, hou hy vol dat hy in 2009 "skoon gejaag" het.
Wiggins, die huidige Tour de France-kampioen, het in 2009 in die vierde plek agter Armstrong geëindig, maar het sy vermoede gehad nadat hy langs die Amerikaner in die belangrike bergskofte gejaag het.
"Die man wat ek in 2009 aan die bo-punt op Verbier gesien het en die man bo Ventoux, 'n week later by die opikker-beheerpunt, was nie dieselfde fietsjaer nie."
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
- Sapa - AP