Weddenskappe op Tiger se egskeiding

2009-12-19 01:43
Tweets Share Share line Print

Londen - As Tiger Woods en sy Sweedse vrou, Elin Nordegren, skei, gaan sy nie die enigste een wees wat met 'n aardige bedraggie wegstap nie.

Die Britse beroepswedder William Hill neem weddenskappe oor hoeveel Nordegren gaan kry as sy besluit om van die ster-gholfspeler te skei.

Woods het aangekondig dat hy vir 'n onbepaalde tyd 'n breek van die sport neem om aan sy huwelik te werk ná hy erken het dat hy sy vrou verkul het.

Die wedsyfer is 25-1 dat Nordegren meer as 'n half miljard dollar uit dié egskeiding gaan kry.

Die wedsyfer daal na 6-4 vir 'n bedrag minder as $100 miljoen (sowat R754 miljoen).

Hill bied 'n 1-2 wedkans aan dat sy tussen $100 miljoen en $500 miljoen (sowat 3,7 miljard) gaan kry.

Nordegren (29) is van plan om van Tiger Woods te skei, berig die skindertydskrif People.

Dít kom na­dat sy in die openbaar sonder haar troupant gesien is en nadat ’n meubelwa by hul ­huis in Florida gewaar is.

Die tydskrif het gister ’n vertroueling van Nordegren as bron aangehaal in ’n berig dat sy van plan is om van die superster-gholfspeler te skei. Woods het na bewe­ring verhoudings met tot 14 ander vroue gehad.

Die bron het glo gesê Nordegren, ’n gewese kinderoppasser en mo­del, het “haar besluit geneem”.

"Daar is niks om oor te dink nie. Hy sal nooit verander nie."

Die webwerf wat berig oor be­roemdes, RadarOnline, beweer Nordegren het selfs die dienste bekom van die prokureur wat die egskeidingsgedinge van sterre soos Nicole Kidman, Nicolas Cage en Britney Spears behartig het.

Die paartjie se huwelikspro­bleme het aan die lig gekom nadat Woods laat die nag van 27 November met sy motor in ’n boom buite hul huis in Florida vasgejaag het. Die ongeluk het glo gevolg op ’n rusie oor sy ontrouheid.

– Sapa-AP
 

binne nuus24

Nuutste Sportkommentaar

Attie sê... As die kern van Heyneke se Bokspan verniel word gaan ons sukkel teen die pommies.Bulls gaan erg sukkel teen die lions en Sharks. Wat se Naas vir die Bulls en Stoermers? Die reeks word nie in Mei maand gewen. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. Partly cloudy. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers late. More sun than clouds. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

Hardbody 3300i V6 D-Cab Hi-Rider PU
2005
R 149,000.00

CITROEN

C2 1.4i VTR 3-dr
2006
R 99,995.00

BMW

X5 xDRIVE30d DYNAMIC AT
2012
R 854,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.