Vroue kos Tiger glo miljoene

2009-12-06 11:05
Tweets Share Share line Print

Karin Burger

Johannesburg - Tiger Woods steek blykbaar nou sy hand diep in die sak om die vroue in sy lewe gelukkig – én stil – te hou.

Die miljardêr-gholfspeler het na bewering $5 miljoen (R37 miljoen) in sy vrou, Elin Nordegren, se persoonlike bankrekening inbetaal om te keer dat sy hom los. Hy het nóg ’n sessyfer-bedrag opgedok om te keer dat een van sy minnaresse enigiets uitlap oor hul affair van ses maande.

Woods pas nou verwoed skadebeheer toe ná ’n motorongeluk verlede Vrydag in die vroeë oggendure buite sy luukse Florida-huis.

Sedertdien het ’n rits buite-egtelike verhoudings aan die lig gekom. Sommige kan na April 2007 teruggevoer word.

Rachel Uchitel (34), ’n New Yorkse nagklub-gasvrou, het met Woods gesels skaars ure voordat sy openlik oor hul verhouding sou gepraat het.

Sy het toe die mediakonferensie gekanselleer waartydens haar prokureur die media oor haar “verhouding” met die gholfster sou toespreek.

Uchitel se prokureur wou nie bewerings bevestig dat haar stilte vir minstens $1 miljoen (R7,4 miljoen) gekoop is nie.

Uchitel se verloofde is in die 9/11-terreuraanval dood.

Woods (33) word ook nou verbind met die kelnerin Jaimee Grubbs (24) en die Las Vegas-klubbestuurder Kalika Moquin (27).

Grubbs sê sy en die sportster het ’n affair van 31 maande gehad, terwyl Moquin beweer sy het nog so onlangs as Oktober saam met Woods in ’n hotel in Las Vegas geslaap.

Hy het intussen op sy webwerf ’n brief geplaas waarin hy aan familie en vriende “persoonlike sondes” erken. Hy sê ook hy het sy 29-jarige vrou en hul twee kinders in die steek gelaat.

Daarna het die egpaar “intense” huweliksberading ontvang.

Berigte in die Amerikaanse media beweer dat die huwelikskontrak wat Woods en sy vrou vyf jaar gelede geteken het, nou hersien word sodat sy ’n groter deel kry indien hulle sou skei.

As die paartjie in die skeihof beland, kry sy tussen $55 miljoen (R409 miljoen) en $75 miljoen (R558 miljoen) – dit is báie meer as die $20 miljoen (R149 miljoen) van die oorspronklike kontrak.

Daar is darem ’n bietjie goeie nuus vir Woods… Die Florida-verkeerspolisie het hul ondersoek na die ongeluk voltooi en geen strafregtelike klagte gaan teen hom ingedien word nie.

Die verkeersoortreding kos hom net ’n boete van sowat R2 000 vir roekelose bestuur, met vier punte teen sy rybewys.

Bronne: Dailymail.co.uk; Iol.co.za; Mirror.co.uk.

- Rapport

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: tiger woods  |  bekendes

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Sportkommentaar

Attie sê... As die kern van Heyneke se Bokspan verniel word gaan ons sukkel teen die pommies.Bulls gaan erg sukkel teen die lions en Sharks. Wat se Naas vir die Bulls en Stoermers? Die reeks word nie in Mei maand gewen. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. Partly cloudy. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers late. More sun than clouds. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

Hardbody 3300i V6 D-Cab Hi-Rider PU
2005
R 149,000.00

CITROEN

C2 1.4i VTR 3-dr
2006
R 99,995.00

BMW

X5 xDRIVE30d DYNAMIC AT
2012
R 854,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.