Vreugde, trane ná Cape Pioneer in S-Kaap

2010-10-25 09:00
Tweets Share Share line Print

Oudtshoorn - Die emosies het hoog geloop en die trane het vryelik gevloei toe die DCM Cape Pioneer Trek-bergfietstoer Saterdag hier tot ’n einde gekom het.

Dié sesdaagse fietstoer het ná 680 km op ’n hoogtepunt vir die sowat 200 oorblywende deelnemers geëindig. Ongeveer 300 het Maandag weggespring.

Tussen die beroepsjaers het Suid-Afrika se Max Knox en sy Switserse spanmaat, Thomas Zahnd (DCM), algeheel in 28 uur, 8 minute en 25 sekondes geseëvier.

Kevin Evans en Adrien Niyonshuti (MTN-Energade), wat die laaste skof gewen het, was algeheel tweede (28:26:04). Die Switserse kombinasie van Christoph Sauser en Silvio Bundi (Songo.info) het die laaste plek (29:58:49) op die wennerspodium geneem.

Dit was Bundi se laaste wedren as ’n beroepsbergfietsryer en dié 32-jarige Switser se loopbaan het op emosionele wyse geëindig.

Sauser en Bundi wou baie graag die laaste skof wen, maar geen gunste is bewys nie.

Volgens Bundi het alles eindelik van homself afgehang nadat Sauser en Niyonshuti weggebreek het en hy toe net Evans vir ’n skofsege moes klop.

“Ek was agter Kevin in die laaste draai, maar het net nie die krag in my bene gehad om verby te gaan nie. Dit is egter ’n wonderlike einde tot my loopbaan. Ek het myself baie geniet,” het Bundi gesê.

Vir Zahnd was dit die eerste toersege van sy loopbaan.

Hy geniet dit baie om aan byeenkomste soos dié deel te neem, maar was nog nie op die boonste trappie van die wennerspodium voor nou nie.

“Ek het al oor die wêreld heen deelgeneem aan meerdaagse bergfietstoere, maar nog nooit gewen nie.

“Ek is so dankbaar vir dié sege en vir Max wat ’n wonderlike spanmaat was,” het die 29-jarige Zahnd gesê.

Die wenners van die afdeling vir gemengde pare, Switserland se Patrick Griessen en Ariane Lüthi, was oorweldig by die eindpunt.

Lüthi het nie woorde gehad nie en die trane het gevloei, terwyl Griessen woorde probeer vind het. “Ek het hierheen gekom en nie geweet wat om te verwag nie en kyk nou... ek het gewen!” het Griessen gesê.

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.

- Sport24
 

Lees meer oor: kevin evans  |  fietsry

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Sportkommentaar

Attie sê... As die kern van Heyneke se Bokspan verniel word gaan ons sukkel teen die pommies.Bulls gaan erg sukkel teen die lions en Sharks. Wat se Naas vir die Bulls en Stoermers? Die reeks word nie in Mei maand gewen. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. Partly cloudy. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers late. More sun than clouds. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

Hardbody 3300i V6 D-Cab Hi-Rider PU
2005
R 149,000.00

CITROEN

C2 1.4i VTR 3-dr
2006
R 99,995.00

BMW

X5 xDRIVE30d DYNAMIC AT
2012
R 854,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.