Vrae oor Caster se taktiek in VSA

2011-06-06 07:37
Tweets Share Share line Print

Pretoria - Speel Caster Semenya, wêreldkampioen in die 800 m, steeds speletjies op die atletiekbaan, of weet sy nie hoe om takties ’n goeie wedloop te hardloop nie?

Dít is vrae wat onwillekeurig opkom ná die Suid-Afrikaner se vertoning op die Diamantliga-byeenkoms in Eugene, VSA.

Kenia Sinclair van Jamaika het Saterdag in ’n tyd van 1:58.29 gewen. Semenya was tweede in 1:58.88 en Janeth Jepkosgei van Kenia derde in 1:59.15.

Die goeie nuus is dat Semenya seker gemaak het sy kwalifiseer vir die Wêreldbyeenkoms in Augustus in Daegu, Suid-Korea.

Dis die eerste keer dié seisoen dat sy die 800 in vinniger as 2 minute afnael. Semenya was ná die eerste 400 m tweede laaste, amper 10 m agter die voorlopers.

Dit wou voorkom asof sy glad nie ’n rolspeler in die wedloop sou wees nie, maar toe sy oor die laaste 250 m met haar befaamde eindpoging begin, was daar geen keer aan haar nie.

Sy het almal behalwe Sinclair ingehaal en verbygesteek. Met dié vertoning het Semenya bewys daar is min atlete wat saam met haar kan hardloop wanneer sy eers op volspoed is.

Daarom kan net gewonder word wat sal gebeur as sy ná die eerste 400 m saam met die voorlopers is en nie van agter af met ’n terugvegpoging moet kom nie.

Semenya is min gepla oor die kritiek rondom haar wedloop-taktiek. “Ek is tevrede met hoe my wedloop verloop het. My tyd is goed. Dit is vinniger as twee minute en dit is al wat ek in die wedloop wou vermag. Ek weet as ek harder oefen, sal ek ’n nog vinniger tyd kan hardloop,” het sy in ’n onderhoud op die Diamantliga se webwerf gesê.

Semenya is Donderdag in Oslo, Noorweë, weer in die Diamantliga in aksie.

Haar landgenoot Khotso Mokoena (8.31 m) is in die verspring net-net geklop. Greg Rutherford van Brittanje (8.32 m) het gewen.

Die hartseer vir Mokoena is dat hy steeds nie vir die Wêreldbyeenkoms gekwalifiseer het nie. Die wind van agter was weer te sterk.

Ruben Ramolefi was vierde (8:24.95) in die 3 000-hindernis; Oscar Pistorius laaste in die 400 m (46.33 s) en Sunette Viljoen vyfde in die spiesgooi (60.09 m).

Mbulaeni Mulaudzi, wêreldkampioen in die 800 m, het in Pole teleurgestel toe hy vyfde in 1:46.59 geëindig het.

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

- Sport24 

Lees meer oor: caster semenya  |  atletiek

Lewer kommentaar op hierdie artikel
5 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Sportkommentaar

Attie sê... As die kern van Heyneke se Bokspan verniel word gaan ons sukkel teen die pommies.Bulls gaan erg sukkel teen die lions en Sharks. Wat se Naas vir die Bulls en Stoermers? Die reeks word nie in Mei maand gewen. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. Partly cloudy. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers late. More sun than clouds. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

Hardbody 3300i V6 D-Cab Hi-Rider PU
2005
R 149,000.00

CITROEN

C2 1.4i VTR 3-dr
2006
R 99,995.00

BMW

X5 xDRIVE30d DYNAMIC AT
2012
R 854,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.