Voormalige F1-jaer kry tronkstraf vir vriend se dood

2011-12-14 20:11
Tweets Share Share line Print

Helsinki – 'n Hof in Finland het die voormalige Formule Een-jaer Jyrki Jarvilehto Woensdag tot 30 maande tronkstraf gevonnis vir 'n bootongeluk wat sy vriend se dood veroorsaak het.

Die hof het Jarvilehto, bekend as JJ Lehto op die renbaan, skuldig bevind dat hy die dood van sy vriend veroorsaak het toe die snelboot waarin hy gejaag het terwyl hy dronk was, teen 'n brug gebots het.

Jarvilehto is ook skuldig bevind aan dronkbestuur. Die hof het gesê die boot het teen 'n snelheid van 80 km/h gejaag in 'n kanaal waar die spoedbeperking 5 km/h was.

Jarvilehto se prokureur, Juhani Ripatti, het gesê hulle sal teen die vonnisoplegging appelleer.

Die 45-jarige voormalige renjaer is in die ongeluk beseer. Hy het aan die hof vertel dat hy byna verdrink het en niks van die ongeluk kan onthou nie omdat hy reeds dae aaneen gedrink het.

Maar Jarvilehto het ontken dat hy die boot bestuur het alhoewel 'n ondersoekspan gesê het sy beserings dui aan dat hy in die bestuurstoel gesit het.

Jarvilehto was 'n Formule Een-jaer vanaf 1989 tot 1999. Hy het die Le Mans 24-uur wedren in 1995 en 2005 gewen.

Volg Nuus24Sport op Twitter.

- SAPA

Lees meer oor: dronkbestuur  |  misdade

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Sportkommentaar

Attie sê... As die kern van Heyneke se Bokspan verniel word gaan ons sukkel teen die pommies.Bulls gaan erg sukkel teen die lions en Sharks. Wat se Naas vir die Bulls en Stoermers? Die reeks word nie in Mei maand gewen. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. Partly cloudy. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers late. More sun than clouds. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

Hardbody 3300i V6 D-Cab Hi-Rider PU
2005
R 149,000.00

CITROEN

C2 1.4i VTR 3-dr
2006
R 99,995.00

BMW

X5 xDRIVE30d DYNAMIC AT
2012
R 854,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.