VIDEO: Oscar klop resiesperd
2012-12-13 08:38
Video - Oscar op Jay Leno-program
Die paralimpiese atleet Oscar Pistorius het op die gewilde Amerikaanse geselsprogram The Tonight Show met Jay Leno verskyn.
KYK
Doha – Suid-Afrika se Oscar Pistorius het die Arabierperd Maserati Woensdag in 'n 200 m-naelloop geklop as deel van 'n bewusmakingsveldtog in Doha, Katar.
Die 26-jarige Pistorius het die 15 m voorsprong wat hy by die wegspring gekry het, goed benut en maklik gewen nadat die perd en sy jokkie stadig uit die blokke was.
"Dit het vanaand nie gegaan oor wie gewen het nie," het Pistorius na afloop van die resies gesê.
"Ons wou vanaand bewys dat mense met gestremdhede tot groot dinge in staat is."
Pistorius is in Katar vir die "Definitely Able"-veldtog, wat die positiewe bydrae vier wat gestremdes aan plaaslike gemeenskappe lewer.
Vir die jongste sportnuus volg
Nuus24Sport op Twitter.
–
Sport24