Video: Katamaran slaan om by America's Cup
2011-06-14 18:04
San Francisco – Die blitsige nuwe katamarans is veronderstel om harte vinniger te laat klop by die America’s Cup en skipper Russell Coutts het behoorlik die polse opgestoot toe hy sy Oracle-katamaran laat omslaan het.
Die Nieu-Seelandse skipper is die hoof van die verdedigende kampioenspan Oracle Racing.
Coutts het in die San Francisco-baai teen skipper Jimmy Spithill gejaag om met die nuwe AC45-katamarans voor die media te spog.
‘n Golf het egter in sy pad gestaan en die vinnige boot het in die watermassa vasgesteek en vooroor omgeslaan.
Bemanningslid Shannon Falcone is deur ‘n seil gegooi en ‘n ander bemanningslid is ook in die waters ingeslinger.
Noodpersoneel het hulle hospitaal toe gejaag en ondersoek.
‘n Ondersteuningsboot het die 21 m lange katamaran weer regop gekry.
“Dit neem inspanning om die nuwe bote onder beheer te hou,” het die Australiër Spithill gesê, “maar hulle is ongelooflik opwindend.”
Kyk hier hoe die Oracle-katamaran vooroor neerslaan.
Volg Nuus24 op Twitter.
- AFP