Vettel spring 1ste weg in Britse Grand Prix
2010-07-10 22:01
Silverstone - Die Red Bull-renjaer Sebastian Vettel het Saterdag die vinnigste tyd in die kwalifiserende ronde van die Formule Een-wedren opgestel vir die voorste wegspringplek in die Britse Grand Prix.
Sy spanmaat Mark Webber spring tweede weg.
Ferrari se Fernando Alonso spring derde weg en die 2008 kampioen Lewis Hamilton vierde.
Hamilton se McLaren-spanmaat Jenson Button, wêreldkampioen, spring 14de weg.
Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.
- SAPA