Vertragings in Semenya-saak ASA se skuld

2010-04-05 14:46
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Die saak rondom Caster Semenya se geslag duur reeds langer voort as enige ander soortgelyke geval wat deur die Internasionale Vereniging van Atletiekfederasies (IAAF) hanteer is, het 'n senior beampte wat by soortgelyke sake betrokke was, gesê.

Die IAAF het al in die verlede agt atlete se geslagstoetse hanteer, maar die moeilikste van hierdie sake is in slegs ses maande afgehandel.

Semenya is in Augustus verlede jaar vir die eerste keer getoets, en agt maande later het die IAAF steeds nie besluit of sy teen vroue in atletiek mag meeding nie.

"Wanneer 'n atleet se geslag bevraagteken word, moet daar eers toetse gedoen word,” het die beampte gesê, wat graag anoniem wou bly.

“Die atleet besluit op 'n mediese span en hulle werk dan saam met 'n mediese span van die IAAF. Dan word 'n ooreenkoms bereik na aanleiding van die uitslae van die toetse.

“Hierdie proses het nog nooit van begin tot einde langer as ses maande geneem nie. En dit was die langste saak.

“As gevolg van die swak manier waarop hierdie saak egter deur Atletiek Suid-Afrika hanteer is, en omdat regspanne by die saak betrek is, is die begin van die proses vertraag. Ek is seker die twee mediese spanne het nie voor Januarie byeengekom nie, en dís hoekom die saak so lank neem om op te los.

“Ek dink nie die IAAF vertraag die proses opsetlik nie, dis net dat daar meer komplikasies ter sprake is as by ander gevalle.”

Semenya het verlede week glo gedreig om regstappe te neem as sy nie toegelaat word om Dinsdag aan die laaste byeenkoms van die Yellow Pages-reeks in Germiston deel te neem nie.

- SAPA

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Sportkommentaar

Heinrich sê... Ek wonder wie gaan hulle nou in vlieg. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-19°C Sunny. Cool.
Jhb: 4-16°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 14-25°C Sunny. Mild. PE: 15-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

System Administrator

Centurion, South Africa
Reel Recruit Solutions CC
R15000 - R20000

Administrative Officer

Stellenbosch
Ayanda Mbanga Communications
Market Related

SAP Business One Developer

Irene, Centurion, South Africa
Electus Recruitment
R15000 - R28000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

AUDI

A4 Avant 2.0 Multitronic
2005
R 209,000.00

FORD

Ranger 2.5TD 4x4 Safety D-Cab Dsl PU MY09
2010
R 217,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.