Vergrote hart dalk rede vir fietsryer se dood

2010-03-30 08:45
Tweets Share Share line Print

Marelize Potgieter

Kaapstad - Gerugte dat die voorma­lige Au­straliese wêreldkampioen-bergfietsryer James Williamson weens ’n vergrote hart gesterf het, kon nie gister bevestig word nie.

Williamson se vriendin, Niki Fisher, het luidens die webtuiste www.cyclingnews.com gesê ’n ongediagnoseerde harttoestand was die oorsaak van sy dood.

Volgens haar het ’n lykskouing getoon dat sy een hartkamer nie die bloed genoegsaam uitgepomp het nie en dat sy hart vergroot het om daarvoor te kompenseer.

“Dit was ’n genetiese toestand en fietsry het niks met sy dood te doen gehad nie.”

Die 26-jarige redakteur van die bergfietstydskrif Enduro het ten tyde van sy dood aan die Absa ­Cape Epic-bergfietstoer deelgeneem. Hy en sy Australiese spanmaat, Shaun Lewis (28), het ná verlede Maandag se tweede skof die 18de plek beklee. Dinsdag om 05:10 kon Lewis nie vir Williamson voor die derde skof wakker kry nie.

’n Lykskouing is verlede week gedoen. Volgens die webblad het die ondersoek getoon dat daar geen blokkasies in sy are was nie en dat sy kaliumvlakke normaal was.

Kevin Vermaak, stigter en direkteur van die Cape Epic, het gerugte dat Williamson aan ’n vergrote hart oorlede is nie ontken of bevestig nie.

“Die keuse berus by die familie of hulle inligting oor die lykskouing bekend wil maak.”

Die dokter van die fietstoer, dr. Basil Bonner, het gesê daar is nog inligting oor die lykskouing wat nagegaan moet word voordat daar presies gesê kan word waaraan hy oorlede is. Die volle anatomie van sy hart en liggaam moet in ag geneem word voordat enige uitsprake gemaak kan word.

- Sport24

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: fietsry  |  cape epic

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Sportkommentaar

Attie sê... As die kern van Heyneke se Bokspan verniel word gaan ons sukkel teen die pommies.Bulls gaan erg sukkel teen die lions en Sharks. Wat se Naas vir die Bulls en Stoermers? Die reeks word nie in Mei maand gewen. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. Partly cloudy. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers late. More sun than clouds. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

Hardbody 3300i V6 D-Cab Hi-Rider PU
2005
R 149,000.00

CITROEN

C2 1.4i VTR 3-dr
2006
R 99,995.00

BMW

X5 xDRIVE30d DYNAMIC AT
2012
R 854,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.