Van der Merwe deur na tweede ronde
2011-04-11 20:00
Soweto - ‘n Finalis in verlede jaar se Soweto Ope, die vierde gekeurde Suid-Afrikaner Izak van der Merwe, het die Engelsman Daniel Cox in ‘n taai stryd met 7-5, 7-6 verslaan in hul wedstryd in die eerste ronde van dié toernooi by die Arthur Ashe-stadion Maandag.
“Dit was ‘n baie taai stryd, hy het goed gespeel,” het Van der Merwe gesê.
In ander wedstryde in die mansafdeling het die Suid-Afrikaner Ruan Roelofse sy landgenoot Warren Kuhn 6-3, 6-1 geklop.
Die tweede gekeurde Gilles Muller van Luxemburg het Sebastian Rieschick van Duitsland 6-1, 6-4 geklop.
In die vroue-afdeling het die tweede gekeurde Petra Cetkovska van Tsjeggië met 6-3, 6-1 met Anais Laurendon van Frankryk afgereken.
Die Suid-Afrikaner Madrie le Roux het met 6-2, 6-1 die onderspit gedelf teen Oksana Kalashnikova van Georgië.
- Vir die jongste sportnuus, volg Nuus24Sport op Twitter
- SAPA