Van Zyl weer bo ná teleurstelling by Afrika-ope
2013-02-25 08:10
George – Jaco van Zyl het Sondag vir sy teleurstellende laaste ronde in die Afrika-ope vergoed deur op Fancourt as die kampioen van Dimension Data se Pro-Am-gholftoernooi gekroon te word.
Van Zyl, wat Saterdag 34 geword het, het volgens Sport24 'n wentjek van bykans R600 000 verdien.
Van Zyl en die Engelsman Daniel Brooks was in ’n titaniese stryd oor die laaste nege putjies gewikkel, maar die Suid-Afrikaner was uiteindelik té sterk.
Benewens die prestige van dié oorwinning, is Van Zyl nou ook kort op Darren Fichardt en Richard Sterne se hakke in die stryd om bo-aan die Sonskynreeks se geldwennerslys te eindig.
Sterne, die Joburg-ope-wenner, het al R2,4 miljoen in die Sonskynreeks verdien. Fichardt (R2,1 miljoen) is tweede en Van Zyl derde met R1,9 miljoen.
– Lees hier meer.
– Volg Nuus24Sport op Twitter.