VSA Ope: Venus onttrek weens siekte
2011-09-01 11:26
New York - Die Amerikaanse tennisster Venus Williams het onthul dat sy aan Sjogren se sindroom ly, 'n outo-immune siekte wat onder meer moegheid en gewrigpyn veroorsaak.
Die aankondiging volg nadat sy Woensdag uit die Amerikaanse Ope-tennistoernooi in New York moes onttrek.
Williams sou Woensdagmiddag teen die Duitser Sabine Lisicki in die tweede ronde by Flushing Meadows speel.
"Die siekte affekteer my energie-vlakke en veroorsaak moegheid en gewrigpyn. Ek het soveel planne gehad om vanjaar weer die kruin te berei en is regtig jammer dat ek nie al die pad kon gaan by die VSA Ope nie," het Williams in 'n verklaring gesê.
Sedert sy vanjaar in die eerste ronde van die Wimbledon-toernooi uitgeval het, moes die 31-jarige ook uit die WTA-toernooie in Toronto én Cincinnati weens beserings onttrek.
Lees verder.
– LA Times