VSA Ope: Scheepers deur na 2de ronde
2011-08-31 14:49
New York – Suid-Afrika se eerste gekeurde vrouespeler, Chanelle Scheepers, is deur na die tweede ronde van die Amerikaanse Ope-tennistoernooi by Flushing Meadows in New York.
Scheepers het Anne Keothavong van Brittanje Dinsdagaand in skoon stelle met 7-5, 6-3 geklop.
Hoewel die Suid-Afrikaner konserwatief gespeel het en slegs agt wenners geslaan het, het sy heelwat minder ongedwonge foute as haar opponent begaan.
Haar volgende teenstander is die 21-jarige Duitser Mona Barthel.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
- SAPA