VSA Ope: Anderson speel barshou
2011-09-02 11:12
New York. – Die Suid-Afrikaner Kevin Anderson het Donderdagaand op Flushing Meadows, New York, in die tweede ronde van die Amerikaanse Ope-tennistoernooi wéér ’n wenhou geslaan.
Hy het Michael Llodra van Frankryk, wat 29ste gekeur is, in een en 'n halwe uur van die baan gevee.
Anderson het Llodra met 6-1, 6-2, 6-2 geklop. Die Suid-Afrikaner het 14 kishoue gemoker en net een dubbelfout en een ongedwonge fout begaan.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
- SAPA