Usain Bolt op pad na SA
2011-11-15 13:54
Johannesburg – Usain Bolt, die wêreld se vinnigste man en die Olimpiese en wêreldkampioen, kom na Suid-Afrika om die Suid-Afrikaanse sport-indaba by te woon.
Die Jamaikaanse naelloper sal aanstaande week in Suid-Afrika land om die indaba by te woon op uitnodiging van die organiseerder Fikile Mbalula, die minister van sport en ontspanning, berig Sowetan.
Die geleentheid sal Maandag en Dinsdag by die Gallagher-landgoed in Midrand plaasvind en bekende sportfederasies, besigheidsmense, organisasies, kerke, asook taxi- en medialiggame sal die byeenkoms bywoon.
“Minister Mbalula het verskeie internasionale sterre genooi om by te woon, insluitend Usain Bolt,” het Mbalula se woordvoerder Paena Galane gesê.
– Lees meer hier.
– Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.