Usain Bolt gaan 200m hardloop
2009-08-31 20:07
Monaco - Usain Bolt het pas bevestig dat hy wel in die 200m by die internasionale atletiekbeheerliggaam (IAAF) se Wêreld Atletiek Finaal in Griekeland aanstaande maand gaan deelneem.
Die Jamaikaanse naelloper het 'n wêreld rekord in beide die 100m en 200m by vanjaar se wêreldkampioenskappe in Berlyn verpletter.
Hy het die 100m in 9.58s. kaf gedraf en die 200m in 19.19s. gehardloop om sy tyd in 2008 se Beijing Olimpiese Spele te verbeter.
Bolt wou aanvanklik nie in die 200m deelneem nie en was vanselfsprekend nie gekwalifiseerd nie.
"Maar wat kwalifisering-regulasies betref, sou agtste plek onaanvaarbaar vir ons gewees het” het die IAAF gesê.
Bolt het drie jaar gelede in die 200m by die Wêreld Finaal in Stuttgart deelgeneem.
Sy tyd was destyds 20.10 s.
Die Wêreld byeenskoms vind op 13 September in Thessaloniki, Griekeland plaas.
- Sapa-AP