Tyler doen dit vir Yanks en Wouter

2011-07-05 07:33
Tweets Share Share line Print

Pretoria – Tyler Farrar (Garmin-Cervelo) het in Maandag se derde fietsryskof van die Tour de France iets reggekry wat nóg Lance Armstrong (sewemalige wenner) nóg Greg le Mond (’n driemalige wenner) kon vermag.

Dít is om ’n skof op Amerika se Onafhanklikheidsdag te wen.

Die Amerikaner het Romain Feillu (Vacansoleil-DCM) in die nael­rit na die eindstreep geklop. Jose Rojas (Movistar) was derde.

Die wentyd vir die skof oor 191 km was 4 uur 40 minute en 21 sekondes.

Die uitslag het geen invloed op die algehele stand van sake nie.

Thor Hushovd (Garmin-Cervelo) is steeds die algehele voorloper met dieselfde tyd as sy spanmaat David Millar en ’n sekonde voor Cadel Evans (BMC).

Farrar het hom met sy skofsege aangesluit by ’n klein groepie jaers wat al skofte in al drie die grootste toere – Tour de France, Giro d’Italia en Vuelta Espana – gewen het.

Hy het met sy sege ook hulde gebring aan sy beste vriend, Wouter Weylandt, wat vroeër vanjaar gedurende die Giro d’Italia gesterf het.

Die oomblik toe Farrar oor die eindstreep gejaag het, het hy ’n W met sy hande gevorm.

Die skofsege was ’n briljante spanpoging. Oor die laaste kilometer het Hushovd, die wêreldkampioen, gesorg dat Farrar sy kragte in die glystroom agter hom kon spaar.

Toe Hushovd moeg raak, het die Nieu-Seelander Robbie Dean die Amerikaner se “beskermengel” geword.

“My spanmaats het hul werk so goed gedoen. Ek was in die bevoorregte posisie om net oor die laaste 150 m regtig vinnig te moes jaag,” het Farrar in ’n televisie-onderhoud gesê.

“Dit is ongelooflik om te dink die wêreldkampioen het my gehelp om my eerste skof in die Tour te wen. Dié skofsege beteken regtig baie vir my, want ek droom al so lank daaroor.”

Dinsdag se skof is van Lorient na Mûr de Bretagne (172.5 km). 

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

Sport24

Lees meer oor: tour de france  |  fietsry

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Sportkommentaar

Attie sê... As die kern van Heyneke se Bokspan verniel word gaan ons sukkel teen die pommies.Bulls gaan erg sukkel teen die lions en Sharks. Wat se Naas vir die Bulls en Stoermers? Die reeks word nie in Mei maand gewen. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. Partly cloudy. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers late. More sun than clouds. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R30000 - R40000

SAP Analyst – Automotive Industry

South Africa. Port Elizabeth
Hire Resolve
R300000 - R420000

Network Engineer (CCNP and CCSP)

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

Hardbody 3300i V6 D-Cab Hi-Rider PU
2005
R 149,000.00

CITROEN

C2 1.4i VTR 3-dr
2006
R 99,995.00

BMW

X5 xDRIVE30d DYNAMIC AT
2012
R 854,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.