Tweede fietsrytitel in 8 dae vir Evans

2010-03-01 08:09
Tweets Share Share line Print

Graskop - Kevin Evans (MTN-Energade) is besig om ’n gewoonte daarvan te maak om Suid-Afrikaanse titels op sy fiets los te trap.

Saterdag in Sabie het Evans die Suid-Afrikaanse ultra-marathon-bergfietsren oor 115 km gewen.

Dit is die tweede keer in agt dae dat hy ’n nasionale fietsry-titel wen.

Hy is ook die Suid-Afrikaanse individuele tydtoetskampioen.

Evans het in die ultra-marathon van meet af aan die pas warm gemaak.

“Ek het besluit ek gaan nie toelaat dat die ander ryers sake dikteer nie en dat aanval die beste vorm van verdediging is.

Daarom het ek teen die eerste klim voor begin jaag,” het Evans gesê.

“Burry Stander het my gehelp. Aan die bopunt van die klim was ek en hy alleen voor.

“Ek het teen die laaste klim vir Burry weggery.”

Evans het in 4 uur, 32 minute en 33 sekondes gewen. Stander (Specialized-Mr Price) was tweede en David George (SAFindit) derde.

George se vertoning verdien vermelding. Sy probleme het in die eerste paar kilometer begin toe ’n ander ryer in hom vasgejaag het. Dit het daartoe gelei dat sy skoen se hak losgeskeur het.

George moes stop, gaan sit en sy skoen uittrek om dit reg te maak. Hy het amper 5 minute verloor, maar steeds was dit nie die einde van sy probleme nie.

In sy haas om die voorlopers in te haal, het hy op die verkeerde roete beland. Gelukkig het ’n beampte gesien wat gebeur en hom betyds gewaarsku om om te draai. George was toe heel laaste.

“Om van heel laaste tot derde kom, is seker nie sleg vir ’n ou man soos ek nie, maar ek het Sabie toe gekom om te wen,” het George agterna gesê.

Yolandé Speedy (MTN-Energade) het die Suid-Afrikaanse vrouemarathon oor 75 km in 3 uur, 27 minute en 10 sekondes gewen.

Karien van Jaarsveld (Natro) was tweede en Carla Rowley (RBS Biogen) derde.

- Beeld 

Lees meer oor: fietsry

binne nuus24

Nuutste Sportkommentaar

Attie sê... As die kern van Heyneke se Bokspan verniel word gaan ons sukkel teen die pommies.Bulls gaan erg sukkel teen die lions en Sharks. Wat se Naas vir die Bulls en Stoermers? Die reeks word nie in Mei maand gewen. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. Partly cloudy. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers late. More sun than clouds. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

Hardbody 3300i V6 D-Cab Hi-Rider PU
2005
R 149,000.00

CITROEN

C2 1.4i VTR 3-dr
2006
R 99,995.00

BMW

X5 xDRIVE30d DYNAMIC AT
2012
R 854,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.