Twee debutante in Bafana-groep
2012-12-11 14:22
Johannesburg – Die Bafana Bafana-afrigter, Gordon Igesund, het sy groep aangekondig wat aanstaande week in 'n vriendskaplike wedstryd teen Malawi in Durban speel.
Die middelveldspeler Ayanda Patosi, wat klubsokker in België speel, en die Orlando Pirates-doelwagter Senzo Meyiwa, is die twee debutante in die Bafana-groep.
Igesund het ook die verdediger Siyanda
Xulu, wat in Rusland speel, ingesluit.
Die Kaizer Chiefs-speler Tsepo Masilela en Daine Klate van Orlando Pirates maak ook hul terugkeer tot die nasionale span ná 'n lang afwesigheid.
Die kragmeting vind op 22 Desember by die Moses Mabhida-stadion in Durban plaas.
Bafana Bafana-groep:Doelwagters: Itumeleng Khune, Wayne Sandilands, Senzo Meyiwa.
Verdedigers: Siyabonga Sangweni, Bevan Fransman, Thabo Nthethe, Thabo Matlaba, Siyanda Xulu, Tsepo Masilela, Siboniso Gaxa.
Middelveldspelers:
Reneilwe Letsholonyane, Lerato Chabangu, Oupa Manyisa, Thuso Phala,
Sifiso Myeni, Siphiwe Tshabalala, Delron Buckley, Ayanda Patosi, May
Mahlangu, Thanduyise Khuboni, Dane Klate.
Doelskieters: Bernard Parker, Lehlohonolo Majoro, Tokelo Rantie.
Vir die jongste sportnuus volg
Nuus24Sport op Twitter.
- SAPA