Tsonga klop Nadal vir plek in ATP-halfeind
2011-11-25 14:36
Kaapstad – Die Fransman Jo-Wilfried Tsonga het Rafael Nadal Donderdagaand met 7-6, 4-6 en 6-3 geklop om sy plek in die halfeindronde van die ATP-wêreldtoernooi in Londen te bespreek.
Nadal het vroeër in die toernooi ook teen Roger Federer verloor.
Federer het reeds met sy oorwinning oor Nadal 'n plek in die halfeindronde bespreek, en is steeds onoorwonne nadat hy die Amerikaner Mardy Fish Donderdag met 6-1, 3-6 en 6-3 geklop het.
Die Spanjaard David Ferrer, wat 'n opskudding veroorsaak het met sy oorwinnings oor Novak Djokovic en Andy Murray, is ook deur na die halfeindronde.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
– Sport24