Tour-jaers eet teer

2011-07-07 08:20
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Mark Cavendish (HTC-Highroad) is steeds een van die wêreld se vinnigste fietsryers.

Hy het dit Woensdag bewys toe hy die Tour de France se vyfde skof (164.5 km) van Carhaix na Cap Frehel gewen het. Dit was dié Britse jaer se 16de skofsege die afgelope vier jaar.

Dié sege is beslis een van Cavendish se bestes, want hy moes oor die laaste paar kilometer kophou en ’n barshou trap.

Met sowat 300 meter oor, was hy in die 10de plek, maar hy het geweier om bes te gee.

Hy het Philippe Gilbert (Omega-Pharma-Lotto) en Jose Rojas (Movistar) 20 meter voor die eindstreep verbygesteek. Sy wentyd was 3 uur 38 minute en 32 sekondes.

“Taai, baie taai,” is hoe Cavendish sy skofsege in ’n televisie-onderhoud beskryf het.

Volgens Cavendish het die Tour-organiseerders uit hul pad gegaan om die toestande in die bondelnaelritte na die einde so moeilik moontlik te maak.

“Ek dink hulle het dit gedoen omdat ek en my spanmaats die afgelope paar jaar die Tour se bondelnaelritte oorheers het.”

Thor Hushovd (Garmin-Cervelo) is steeds die algehele voorloper. Cadel Evans (BMC) is tweede, een sekonde stadiger.

Frank Schleck (Leopard-Trek) is derde, vier sekondes stadiger.

’n Erge dwarswind het Woensdag die grootste gedeelte van die skof vir die jaers bemoeilik en verskeie jaers het geval.

Alberto Contador (Saxo Bank), driemalige Tour-wenner, was een van die slagoffers. Hy was erg omgekrap toe hy opgestaan het.

In ’n oomblik van woede, het hy sy fiets in ’n sloot gegooi, langs die pad gestaan en wag vir sy spanmotor om vir hom ’n nuwe fiets te bring.

Gelukkig het Contador min moeite ondervind om weer die ander jaers in te haal. Hy het selfs tyd gehad om met sy duim omhoog vir die televisie-kamera te wys hy makeer niks nie.

Die RadioShack-span het ’n moeilike dag beleef, want verskeie van sy jaers het neergeploeg. Jani Brajkovic is sodanig beseer dat hy met ’n ambulans na die hospitaal geneem is.

Tom Boonen (Quick Step), voormalige wêreldkampioen en wenner van die groentrui, was ook ’n slagoffer.

Vir die res van die skof, was hy in ’n groot stryd teen die stophorlosie gewikkel om die skof betyds klaar te maak. Dit is ’n ope vraag of Boonen die toer gaan voltooi, want hy het dalk ’n sleutelbeen gebreek.

Donderdag se skof van Dinan na Lisieux (226.5 km) is die Tour se langste. ’n Kort en steil klim, sowat 1.5 km van die einde, kan sake vir die naelryers bemoeilik.

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

Sport24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Sportkommentaar

Attie sê... As die kern van Heyneke se Bokspan verniel word gaan ons sukkel teen die pommies.Bulls gaan erg sukkel teen die lions en Sharks. Wat se Naas vir die Bulls en Stoermers? Die reeks word nie in Mei maand gewen. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. Partly cloudy. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers late. More sun than clouds. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

Hardbody 3300i V6 D-Cab Hi-Rider PU
2005
R 149,000.00

CITROEN

C2 1.4i VTR 3-dr
2006
R 99,995.00

BMW

X5 xDRIVE30d DYNAMIC AT
2012
R 854,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.