Tour de France-wenner tree uit
2011-09-15 15:28
Madrid – Die voormalige Tour de France-fietsrykampioen Carlos Sastre het Donderdag sy uittrede aangekondig.
"Die tyd het aangebreek om hierdie fase van my lewe nou te voltooi," het 'n emosionele Sastre tydens 'n perskonferensie in Madrid gesê.
"'n Nuwe skof moet nou begin, alhoewel ek nie presies weet wat ek nou gaan doen nie," het die Spanjaard bygevoeg.
Sastre het gesê sy familie het hom aangemoedig om vir nog 'n jaar aan kompetisies deel te neem, maar hy het reeds verlede jaar besluit dat hy sou uittree.
"Ek wil nie hê fietsry moet 'n geldkwessie word nie. Ek was nog altyd profesioneel en het my perke geken."
Die 36-jarige het die Tour de France in 2008 gewen.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
– Sport24