Tour de France-tegnikus dood gevind
2011-07-19 15:35
Gap – Organiseerders van die Tour de France sê hulle betreur die dood van die fietsry-tegnikus Patrick Guy.
Volgens 'n verklaring deur organiseerders is Guy (59) dood gevind langs sy woonwa by die eindstreep van Dinsdag se 16de skof in Gap.
Die verklaring lui: "Die Tour de France-familie betreur die afsterwe van Patrick Guy, wat vanjaar by sy 27ste Tour sou werk... Hy is vanoggend (Dinsdag) dood gevind by die eindstreep van die 16de skof. Die omstandighede van sy dood sal deur die polisie ondersoek word."
Organiseerders het gesê Guy, 'n voormalige fietsjaer in die 1970's, is die oom van die Quick Step-ryer Jerome Pineau wat tans aan die Tour de France deelneem.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
– Sport24
- SAPA