Tour de France-jaer aangekla
2012-07-13 08:43
Parys – Die Tour de France-jaer Remy Di Gregorio is vir die "besit van verbode middels of onwettige toestelle" aangekla, het regsbronne Donderdag gesê.
Di Gregorio is Maandagaand, net ná die negende skof van die Tour de France, saam met twee ander by 'n hotel in hegtenis geneem en na sy tuisdorp Marseille geneem waar hy ondervra is.
"Aan almal wat my ondersteun, vir julle kan ek sê dat ek steeds in die spieël kan kyk," het die Fransman aan joernaliste gesê.
"Ek het nog nooit in my lewe verbode middels gebruik nie," het die Cofidis-jaer, wat Dinsdag voorlopig deur sy span geskors is, bygvoeg.
"Waar is die grense tussen fisieke voorbereiding en opkikkers? Dit is die vraag wat kenners sal moet beantwoord," het sy prokureur, Dominique Mattei, aan die media gesê.
Die aanklaer, Jacques Dallest, het gesê een van die mans wat in hegtenis geneem is het erken dat hy Di Gregorio met osoon ingespuit het.
Lees die volledige artikel hier.
– Eyewitness News