Toer van SA vind wel plaas

2011-10-06 09:24
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Cell C se Toer van Suid-Afrika vind wel aanstaande jaar plaas.

Dié versekering is Woensdag deur Julian Bryant van Match World gegee.

Suid-Afrika se enigste internasionale fietstoer sal glo einde Februarie plaasvind.

Wat pla, is die absolute geheimhouding rondom die toer.

Op die toer se amptelike webwerf verskyn daar nie ’n enkele woord oor aanstaande jaar se planne nie. Daar word nie eers genoem dat die toer weer sal plaasvind nie.

Daarenteen het die organiseerders van die Giro d’Italia, wat eers in Mei aanstaande jaar plaasvind, reeds Woensdag op cyclingnews.com ’n volledige uiteensetting gegee van wanneer en waar sy skofte plaasvind.

Toe Greg Till, voorsitter van Fietsry Suid-Afrika (FSA), Woensdag gevra is of die toer plaasvind, was sy antwoord dat hy nie weet nie, want hy dien nie op die komitee wat gemoeid is met die toer se reëlings nie.

Barry Mocke, hoofbestuurder van die Cell C-toer, het ’n navraag met drie sinne in ’n e-pos beantwoord: “Die Cell C Toer van Suid-Afrika se roete gaan waarskynlik elke jaar verander. Dit beteken ons oorweeg in dié stadium nuwe roetes.

“Die finale besluit sal eers later geneem word en die inligting oor die toer sal op ’n geleë tyd aan die media bekend gemaak word,” het Mocke geskryf.

Sport24 het betroubaar verneem dat die toer se roete beslis verander gaan word. Vanjaar se toer het in Pretoria begin en is in Port Elizabeth hervat.

Aanstaande jaar se toer sal iewers in Gauteng begin, maar daar gaan meesal in Mpumalanga en KwaZulu-Natal gejaag word.

Die toer geniet steeds internasionale status, wat beteken dat internasionale spanne in aksie sal wees.

Een van die groot probleme in vanjaar se toer was dat die breë publiek nooit behoorlik ingelig is nie.

Dit het tot grootskaalse frustrasie gelei by mense wat net met hul normale dagtake wou voortgaan.

Die tweede skof in Sandton moes juis gestaak word omdat motoriste eenvoudig nie vir die fietsryers wou wag nie.

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

Sport24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Sportkommentaar

Attie sê... As die kern van Heyneke se Bokspan verniel word gaan ons sukkel teen die pommies.Bulls gaan erg sukkel teen die lions en Sharks. Wat se Naas vir die Bulls en Stoermers? Die reeks word nie in Mei maand gewen. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. Partly cloudy. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers late. More sun than clouds. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

Hardbody 3300i V6 D-Cab Hi-Rider PU
2005
R 149,000.00

CITROEN

C2 1.4i VTR 3-dr
2006
R 99,995.00

BMW

X5 xDRIVE30d DYNAMIC AT
2012
R 854,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.