Tiger terug na terapie?
2010-02-19 15:31
Florida - Tiger Woods gaan terugkeer na terapie ná Vrydag se eerste openbare verskyning sedert onhullings oor sy buite-egtelike verhoudings, het Tim Finchem, die PGA-reeks se kommissaris, gesê.
Finchem het 'n brief aan die PGA se beleidsraad geskryf en in dié brief verduidelik hy hoekom Woods gekies het om in die openbaar te praat. Dié konferensie sal regstreeks deur al die groot televisienetwerke uitgesaai word.
Dít is dieselfde tyd as Accenture se Wêreldputjiespel-toernooi in Arizona.
Dié maatskappy is een van die eerste maatskappye wat Woods se borgskap kanselleer het.
Dié brief het egter nie gesê of Woods binnekort na die PGA-toer sal terugkeer nie.
– Sapa-AP