Tiger stel Rogge teleur
2009-12-26 20:20
Madrid - Die president van die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK), Jacques Rogge, sê hy is "teleurgesteld" oor onthullings van Tiger Woods se ontrouheid.
"Dit is 'n teleurstelling...ons wil hê atlete moet 'n rolmodel wees vir jong kinders, maar dit is nie die geval van Woods nie," het Rogge Saterdag aan El Pais gesê.
"Ons sal sien hoe die saak afloop, maar dit is nie 'n kommer vir die IOK nie," het hy oor gholf se insluiting by die 2016 Olimpiese Spele in Rio de Janeiro gesê.
Volgens Rogge moet "'n atleet op sy vlak besef dat sy persoonlike lewe aan sy professionele lewe gekoppel is."
Woods se gewildheid het afgeneem sedert berigte van sy buite egtelike verhoudings verlede maand aan die lig gekom het.
– Sapa-AFP