'Tiger moet sy storie vertel'
2009-12-01 10:11
Sydney – John Daly het Tiger Woods gevra om oop te wees en die spekulasie rondom sy laatnag ongeluk te beëindig.
Daly het aan verslaggewers in Australië gesê dat hy nie van die besonderhede van Woods se ongeluk buite sy huis in Florida wil weet nie, maar in ‘n nuwe verklaring Dinsdag het hy gesê dat Woods sy storie moet vertel.
“Die ding wat Tiger na moet kyk is dat wat ook al gebeur het, vertel net die waarheid,” het Daly, wat van Donderdag in die Australiese Ope gaan speel, gesê.
Daly, wat ook al sy probleme af van die veld gehad het, het Woods genooi om hierdie week se Chevron wêreld gholf-uitdaging by te woon. Dit is ‘n toernooi wat Woods jaarliks aanbied vir ‘n klein, uitgesoekte groep spelers.
Woods het Maandag gesê dat sy beserings hom gaan verhoed om in die toernooi te speel en dat hy nie weer tot volgende jaar gaan kompeteer nie.
“Hopelik gaan hy saam met sy vrou en kinders uitgaan en die borg van sy toernooi ondersteun,” het Daly aan verslaggewers gesê. “Die belangrikste ding nou is vir hulle om saam te wees.”
Daly het ook gesê dat hy seker is dat Woods die kontroversie kan deurstaan.
“Hy sal oor dit kom. Die familie sal oor dit kom. Hulle sal aanbeweeg. Gholf het hom nodig,” het hy gesê.
“Ek haat dit dat iets soos hierdie met enigiemand moet gebeur. Ek wil net hê dat hy en sy vrou en hul kinders gelukkig moet wees en dat hy sal aanhou om sy drome na te strewe.”
Daly het Mandag gesê dat hy hoop Woods sal vinnig herstel, ter wille van die sport.
“Tiger is die grootste bate wat die toer in ‘n lang tyd gehad het. Maak nie saak wat gebeur het nie, solank hy net gesond is, dit is al wat tel. Gholf het hom dringend nodig.”
- Sapa