Tiger kanselleer vergadering met owerhede
2009-11-29 22:54
Windermere - Tiger Woods het vir die derde keer ‘n vergadering met die owerhede gekanselleer.
Hy het in op sy webblad gesê dat verlede se ongeluk totaal en al sy skuld was.
Daar is egter nog baie onbeantwoorde vrae rondom dié ongeluk wat hom in die hospitaal laat beland het.
“Die situasie is my skuld en dit plaas natuurlik ons hele gesin in die verleentheid,” het hy gesê.
“Wat gebeur het is privaat en ons sal dit graag so wil hou.”
Volgens die Windomere polisie het Tiger se vrou ‘n bofbalkolf gebruik om sy motor se agteruit uit te slaan sodat Tiger uit die kar kon klim.
Sy het die ongeluk buite hul huis hoor gebeur en uitgehardloop om hom te help.
“Ek is die enigste persoon wat enigsins iets verkeerd gedoen het,” het Tiger op sy webblad gesê.
“My vrou was die eerste persoon om my te kom help en sy het baie dapper opgetree.”
Tiger Woods se vergadering met die owerhede aangaande die insident is nie geherskeduleer nie.
- Sapa