Tiger bly nr.1
2010-08-09 02:37
Akron, Ohio - Ten spyte van die hoogste telling van sy loopbaan, sal Tiger Woods nog 'n week langer die nr. 1 gholfspeler ter wêreld wees.
Phil Mickelson het 'n kans gehad om vir die eerste keer in sy loopbaan dié posisie te beklee, maar nes Woods, het hy ook 78 aangeteken by die Bridgestone Invitational-toernooi.
Dit is die eerste keer sedert die Britse Ope in 1998 dat Woods en Mickelson albei 'n telling van 77 of hoër het.
Mickelson sal nóg 'n kans hê om volgende week by die PGA Kampioenskappe in aanmerking te kom vir die nr.1 posisie.
Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg
- AP