Terugslag vir SA voor Davisbeker-stryd
2012-09-14 09:00
Johannesburg – Suid-Afrika se Davisbeker-span het 'n reuse terugslag gekry op die vooraand van die uitspeelrondes teen Kanada, toe Rik de Voest weens 'n gewrigbesering moes onttrek.
Izak van der Merwe sal die Suid-Afrikaanse span, wat nou uit slegs drie spelers bestaan, aanvoer in die naweek se uitspeelrondes vir die wêreldgroep.
John Laffnie de Jager (39), wat gewoonlik die nie-spelende kaptein is, sal as plaasvervanger gereed staan.
Alhoewel Suid-Afrika reeds sonder Kevin Anderson is, wat homself nie beskikbaar gestel het nie, dring die gasheerland se nie-spelende kaptein, Martin Laurendeau, daarop aan dat die tuisspan 'n taai uitdaging van hul opponente verwag.
Van der Merwe is 173 plekke onder Kanada se eerste gekeurde Milos Raonic op die tennisranglys.
Skedule:
Vrydag: Izak van der Merwe (RSA) teen Vasek Pospisil (Kan); Nikala Scholtz (RSA) teen Milos Raonic (Kan).
Saterdag: Dubbels: Raven Klaasen/Van der Merwe (RSA) teen Daniel Nestor/Pospisil (Kan).
Sondag: Van der Merwe (RSA) teen Raonic (Kan); Scholtz (RSA) teen Pospisil (Kan).
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
- SAPA