Tennis-skok: Lopez uit ope
2011-02-02 21:00
Johannesburg – Die verdedigende kampioen van die Suid-Afrikaanse Ope, die Spanjaard Feliciano Lopez, is in die eerste ronde van dié toernooi uitgeskakel.
Lopez, die eerste gekeurde vir die toernooi, het Woensdag 6-7 (5), 6-2 en 7-6 (8) verloor teen die Kanadees Frank Dancevic.
Die 26-jarige Dancevic se oorwinning is des te meer werkwaardig met sy rugoperasie van 2009 in ag genome. Hy het maar enkele maande gelede weer begin speel.
- Vir die jongste Sportnuus, volg Nuus24Sport op Twitter
- SAPA