Tennis se top-spelers dreig met staking

2011-09-21 09:29
Tweets Share Share line Print

Londen. – Die voorste tennisspelers in die wêreld sal nie huiwer om te staak as beamptes nie aandag gee aan die verbetering van die beknopte tenniskalender nie, het Andy Murray Maandag gewaarsku.

Top-spelers word jaar ná jaar onderwerp aan ’n taai seisoen wat vier Grand Slam-toernooie, agt Meesters1000-verpligtinge, die jaareind-wêreldtoer en ’n klomp kleiner toernooie insluit.

Spelers kla al vir jare daaroor – Rafael Nadal het byvoorbeeld al in 2009 gevra dat die druk op spelers verlig word.

Die kwessie word egter nou op die spits gedryf, ná slegte weer by die onlangse Amerikaanse Ope sommige spelers gedwing het om drie enkelspelwedstryde in drie dae te speel ten einde die halfeindronde te bereik.

Murray en Nadal is die hardste hierdeur getref.

Nou meen Murray dat ’n volgepakte skedule nie verder uitgewerk mag word deur ouens wat nooit ’n raket swaai nie.

Die tyd het gekom vir spelers om te rebelleer, en Murray kyk glad nie verby die moontlikheid van ’n komende grootskaalse staking nie.

“Dis ’n moontlikheid,” het die nr. 4-speler op die wêreldranlys Maandag aan die BBC gesê.

“Ek weet uit gesprekke met ander spelers dat hulle nie bang is om dit te doen nie. Kom ons hoop dit gebeur nie, maar ek is seker die spelers sal dit oorweeg. Ons wil net hê ’n paar dinge moet verander – klein goedjies. Twee of drie weke (af) in die jaar, ’n paar toernooie minder ... Ek dink dis redelik.”

Verlede November het die ATP-hoof, Adam Helfant, aangekondig dat daar van 2012 af ’n afseisoen van sewe weke sal wees.

Die skuif beteken sekere toernooie sal herskeduleer word, maar die spelers se aantal verpligtinge sal nie verminder nie.

Die beheerliggaam van vroue-tennis (die WTA) het hul seisoen ’n paar jaar gelede verkort, sodat spelers soos Serena Williams en Caroline Wozniacki van 7 November tot 2 Januarie sal kan uitspan.

In teenstelling daarmee sal spelers soos Nadal (wat Spanje waarskynlik in die Davisbeker-eindstryd teen Argentinië sal verteenwoordig) eers teen 5 Desember kan ontspan, en daarna weer in die eerste week van Januarie speel.

In ’n verklaring van die ATP-reeks is gesê die spelers se welstand is “van groot belang” en dat hy “toegewyd bly om ... die kwessies op te los”.

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

Sport24

Lees meer oor: andy murray  |  stakings  |  tennis

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Sportkommentaar

Attie sê... As die kern van Heyneke se Bokspan verniel word gaan ons sukkel teen die pommies.Bulls gaan erg sukkel teen die lions en Sharks. Wat se Naas vir die Bulls en Stoermers? Die reeks word nie in Mei maand gewen. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. Partly cloudy. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers late. More sun than clouds. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

Hardbody 3300i V6 D-Cab Hi-Rider PU
2005
R 149,000.00

CITROEN

C2 1.4i VTR 3-dr
2006
R 99,995.00

BMW

X5 xDRIVE30d DYNAMIC AT
2012
R 854,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.