Tennis: Reën onderbreek eindstryd
2012-01-14 18:57
Sydney – Die eindstryd in die mans-enkelspel in die Sydney Internasionale tennistoernooi wat by die Olimpiese Tennissentrum gespeel word, is weens reën uitgestel.
Jarkko Nieminen van Finland, wat 77ste op die wêreldranglys is, kom Sondag (môre) te staan teen die Fransman Julien Benneteau wat 49ste op die wêreldranglys is.
Nog reën word egter vir Sondag in Sydney voorspel.
Die vertraging van Saterdag (vandag) se eindstryd ry albei spelers se reisreëlings in die wiele vir die Australiese Ope, die eerste Grand Slam van die jaar, wat Maandag in Melbourne begin.
In Vrydagaand se vroue-eindstryd het die Victoria Azarenka van Belarus die verdedigende kampioen Li Na van Sjina met 6-2, 1-6 en 6-3 geklop.
– RSG.
– Volg Nuus24 op Twitter.