‘Swart dag’ vir fietsry: Giro nie op kalender

2010-11-23 09:42
Tweets Share Share line Print

Pretoria - Die Giro del Capo, een van Suid-Afrika se oudste fietstoere, sal in 2011 – ná 19 jaar – nie plaasvind nie omdat die organiseerders nie ’n borg kon vind nie.

Dave Bellairs, die organiseerder, het dié nuus as ’n swart dag vir Suid-Afrikaanse fietsry bestempel.

“Ek het die afgelope paar maande alles in my vermoë gedoen om ’n borg vir die toer te probeer kry, maar dit was vergeefs. Niemand stel belang nie.”

Bellairs meen die bestuur van Fietsry Suid-Afrika (FSA) is deels te blameer vir die feit dat die Giro nie gaan plaasvind nie.

“Wat my betref, is dit ’n fout om twee internasionale fietstoere binne ’n week in Suid-Afrika te probeer aanbied.
“Hierdie is nie Europa waar jy week ná week groot toere kan aanbied nie.

“Die wrede werklikheid is dat daar in Suid-Afrika nie genoeg belangstelling in fietsry is nie.

“Moenie my verkeerd verstaan nie, ek is baie bly dat die Toer van Suid-Afrika eindelik ’n werklikheid gaan word. Dit gaan ’n opwindende toer wees.

“Ek dink net die bestuur van FSA moes oor die datums van die twee toere besin het.

“As dit my besluit was, sou ek die een toer net voor of ná die Argus laat plaasvind het en die tweede toer net voor die 94.7. Dit is wanneer daar in Suid-Afrika die meeste belangstelling in fietsry is.

“Die maatskappye met wie ek onderhandel het om die Giro te borg se grootste vrees was dat die media nie oor albei toere ewe volledig verslag sou kon doen nie.”

Volgens Bellairs het hy nog nie heeltemal opgegee nie.

“Die Giro sal beslis nie aanstaande jaar plaasvind nie, maar ek het ’n nuwe idee vir die toer. Hopelik vind die Giro weer van 2012 af plaas.

Greg Till, voorsitter van FSA, sê dit is vir hom vreemd dat Bellairs sê daar kan nie twee fietstoere kort ná mekaar in Suid-Afrika aangebied word nie.

“Almal met wie ons in internasionale fietsry onderhandel het, was baie opgewonde oor die vooruitsig om in een maand in

Suid-Afrika aan drie internasionale toere – die Giro del Capo, die Toer van Suid-Afrika en die Cape Epic – deel te neem.

“Hoe meer toere ons in Suid-Afrika kan aanbied, hoe beter is dit vir fietsry. Ek dink net ’n mens moet realisties wees. Die ekonomie is nie op die oomblik wat dit moet wees nie.”  

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.

- Sport24

Lees meer oor: fietsry  |  giro del capo

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Sportkommentaar

Attie sê... As die kern van Heyneke se Bokspan verniel word gaan ons sukkel teen die pommies.Bulls gaan erg sukkel teen die lions en Sharks. Wat se Naas vir die Bulls en Stoermers? Die reeks word nie in Mei maand gewen. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. Partly cloudy. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers late. More sun than clouds. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R30000 - R40000

SAP Analyst – Automotive Industry

South Africa. Port Elizabeth
Hire Resolve
R300000 - R420000

Network Engineer (CCNP and CCSP)

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

Hardbody 3300i V6 D-Cab Hi-Rider PU
2005
R 149,000.00

CITROEN

C2 1.4i VTR 3-dr
2006
R 99,995.00

BMW

X5 xDRIVE30d DYNAMIC AT
2012
R 854,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.