Swart armbande vir SA'ner by Aus-fietstoer
2011-01-20 12:37
Adelaide - Die HTC-Highroad-span het Donderdag swart armbande by die derde skof van die Tour Down Under-fietstoer in Australië gedra ter nagedagtenis aan hul spanmaat, Carla Swart, wat tragies gesterf het.
Die 23-jarige is Woensdagoggend tydens 'n oefenrit op die pad na Marquard in die Vrystaat, deur ‘n vragmotor getref. Sy is op pad na die hospitaal dood.
Swart het verlede jaar by HTC-Highroad se vrouespan aangesluit. Sy was die afgelope agt jaar in Amerika woonagtig maar het gereeld in Suid-Afrika deelgeneem.
Sy het verlede jaar agste by die Statebondspele geeïndig.
Op HTC-Highroad se webtuiste is 'n foto van Swart met die woorde "Rembering Carla Swart."
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sport24