Sunette skitter met spies vir SA

2011-08-19 07:01
Tweets Share Share line Print

Pretoria – Sunette Viljoen het Donderdag op die Wêreld-studentespele in Sjenzen, China, die Afrika- en Suid-Afrikaanse rekord verbeter toe sy haar spies 66.47 m deur die lug laat trek en goud verower het.

Viljoen het twee jaar gelede op die Studentespele in Belgrado ook met ’n rekordgooi vorendag gekom om die goue medalje te wen.

Haar wenafstand was toe 65.43 m.

Marina Maximova van Rusland was gister tweede met ’n gooi van 59.87 m en Justine Robbeson van Suid-Afrika derde met 59.78 m.

Dit is die tweede keer in twee jaar dat Viljoen een van haar internasionale spiesgooititels suksesvol verdedig.

Op verlede jaar se Statebondspele in Indië het sy die tweede keer ’n goue medalje verower.

Sy het verlede jaar in Praag 66.38 m gegooi, wat ook ’n rekord was.

Wat haar groot poging in China opwindend maak, is dat dit nege dae voor die Wêreldbyeenkoms in Daegu, Suid-Korea, gebeur het.

Haar nuwe rekord-afstand is die sewende beste gooi in internasionale atletiek.

Net Barbora Spotakova (Tsjeggiese Republiek, 69.45 m), Christina Obergföll (Duitsland, 68.86 m) en Maria Abukomava (Rusland, 67.98 m) het vanjaar verder gegooi.

Viljoen en Terseus Liebenberg, haar afrigter, verdien punte vir die wyse waarop hulle voorberei het.

Tot voor gister het Viljoen vanjaar nie regtig die wêreld aan die brand gegooi nie.

Haar beste poging van 61.72 m in Ostrava was nie juis iets om oor opgewonde te raak nie. ’n Mens het die idee gekry dat sy sukkel om 60 m te haal.

Toe Viljoen ’n paar weke gelede gevra is wat skort, was haar antwoord: “Daar skort niks nie. Ek oefen goed en ek het geen beserings nie. Hou maar net dop. Daar kom ’n groot gooi.”

Wenda Theron was gister vyfde in die 400-hekkies in 56.76 s.

Anna Yaroschchuk van die Oekraïne het in 55.15 s gewen. 

Sport24

– Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg

Lees meer oor: sunette viljoen  |  atletiek

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Sportkommentaar

Attie sê... As die kern van Heyneke se Bokspan verniel word gaan ons sukkel teen die pommies.Bulls gaan erg sukkel teen die lions en Sharks. Wat se Naas vir die Bulls en Stoermers? Die reeks word nie in Mei maand gewen. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. Partly cloudy. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers late. More sun than clouds. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

NISSAN

NP200 1.6 High PU
2009
R 119,990.00

PEUGEOT

307 SW XS 2.0 Estate
2004
R 105,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.