Sunette Viljoen wen Statebond-goud
2010-10-09 23:30
Nieu-Delhi - Suid-Afrika se Sunette Viljoen het Saterdag met 'n gooi van 62.34 meter, haar Statebond-spiesgooi titel suksesvol in Nieu-Delhi verdedig.
Kim Mickle van Australië het die silwermedalje gevat terwyl nog 'n Suid-Afrikaner, Justine Robbeson, die bronsmedalje gewen het.
In ander uitslae het Suid-Afrika se vroue-hokkiespan met 3-1 teen Indië vasgeval. Die Proteas se volgende kragmeting is teen Nieu-Seeland.
Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.
- Sport24