Suid-Afrikaner wen Twee Oseane-ultramarathon
2011-04-23 11:05
Kaapstad – George Ntshiliza van die Nedbank-klub in die Oos-Kaap, het die ultramarathon van Old Mutual Twee Oseane-marathon in 'n tyd van 03:08:31 gewen.
Hy is die eerste Suid-Afrikaner wat sedert 2007 dié marathon wen.
Motlhoko Nkhabutlane van Lesotho is tweede, terwyl Tsotang Maine, ook van Lesotho, die laaste plek op die podium ingeneem het.
Die 35-jarige Russiese tweeling Elena en Olesya Nurgalieva het in die vroue-afdeling weer as wenners uit die stryd getree met tye van onderskeidelik 03:33:58 en 03:37:54.
Mamorallo Tjoka (26) van Lesotho beklee die derde plek met 'n tyd van 03:42:12.
Die eerste Suid-Afrikaanse vrou oor die wenstreep was Farwa Mentoor, wat in die agtste plek geëindig het.
Kliek hier vir 'n lys van die wenners
Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg