Stuur vroue na Spele, pleit IOK
2011-07-08 14:37
Kaapstad – Die Internasionale Olimpiese komitee (IOK) het die hoop uitgespreek dat die drie lande wat nog nooit vroue-atlete na die Olimpiese Spele gestuur het nie, wel vroue by aanstaande jaar se Spele in Londen sal hê.
Anita DeFrantz, hoof van die IOK se vroue en sportkommissie, het Vrydag Broenei, Katar en Saoedi-Arabië genoem as die lande wat geen vroue in hul spanne het nie.
DeFrants het ook 10 internasionale sportverenigings, insluitende Fifa, uitgesonder wat geen vroue in hul topbestuur het nie.
– Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
- SAPA