Stoner, Honda moet geklop word

2012-02-09 12:30
Tweets Share Share line Print

Min verrassings en hope inligting is waarmee die MotoGP-spanne huis toe is na afloop van die eerste amptelike toetssessies laas week in Maleisië.

Met die weer wat warm én koel was, was almal tevrede met die werk wat verrig is.

Die huidige kampioen, Casey Stoner, het die eerste van die drie dae se toetse gemis weens ’n probleem met ’n rugspier. Hy het egter drie dae se werk in twee dae voltooi en is tans heel bo aan die tydrooster.

Sy vinnigste tyd het hy met sy eerste probeerslag op die nuwe RC213V opgestel en niemand kon dit verbeter nie. Die Honda en die nuwe Bridgestone-bandkombinasie het egter nog baie werk nodig.

Die regulasies is oornag skielik verander en Honda moes 4 kg bykomende gewig aan die fiets aanbring. Die raam was reeds rondom ’n sekere gewig ontwikkel en dit maak die opneem van akkurate data moeilik. Stoner het genoem hy hoef nie veel aan sy ry-styl te verander het nie, maar dat die ekstra gewig hom deur die draaie pla.

Die fietse het ook meer krag en die vinnige versnelling is nog iets om aan gewoond te raak. Die fietse rem later, draai vinniger in en dit maak die 2012-masjiene van die opwindendste in jare.

Maar almal sukkel met die motorfietse wat begin skud in die draaie as gevolg van die gewig, spoed en banddruk. Die banddruk saam met die fiets se spesifieke gewig moet baie akkuraat wees om dit te voorkom.

Die fietse het ook dieselfde brandstoftenk as verlede jaar en niemand weet nog of dit genoeg vir ’n volledige ren sal wees nie. Met die groter enjin en swaarder gewig sal dit beslis ’n uitwerking op die brandstofverbruik hê. Boonop sal die ontwikkeling van brandstof vir die nuwe fietse se enjins ook vanjaar ’n rol begin speel.

Jorge Lorenzo het sy Yamaha M2 op dieselfde wyse beetgepak en daarin geslaag om 0,529 sek agter Stoner op die tydrooster te eindig. Sy spanmaat, Ben Spies, het die vyfde vinnigste tyd opgestel. Dani Pedrosa (Honda HRC) was derde op die rooster en het erken die swaarder fiets is ’n uitdaging.

Valentino Rossi het die Ducati Desmosedici GP12 in die vierde plek geparkeer nadat Ducati verskeie nuwe onderdele ingespan het om sake beter te laat verloop. Sy spanmaat, Nicky Hayden, het in die tiende plek geëindig. Dit wil lyk of Ducati vooruitgang gemaak het wat die hantering van hul fietse betref, al was Rossi net ’n raps meer as ’n sekonde stadiger as Stoner en die Honda.

Die magdom CRT-fietse van onder andere Colin Edwards was bykans 2 sekondes stadiger as die voorste vyf plekke en almal sukkel met die fietse wat deur die draaie skud. Dit wil lyk of die superfiets-enjins (hoofsaaklik Aprilia) nog poeier kort om by die res by te kom en die rits satelliet- Honda- en Yamaha-motorfietse is die vleis tussen hulle, die voorlopers en die CRT’s.

In die afwesigheid van ’n wonderwerk moet daar eerder nie verwag word dat die fietse enige rekords gaan verbeter nie. Wat wel duidelik is, is dat al drie die groot vervaardigers binne bereik van mekaar se tye is en dus vir opwindende aksie gaan sorg.

Die groot hoeveelheid stadiger fietse sal ook ’n rol begin speel van die tiende rondte af omdat die voorstes hulle beslis sal inhaal.

Hoewel daar nog baie werk is voor die eerste ren in April, is die boodskap reeds uit en dit is dat die Stoner/Honda-kombinasie die standaard is om te klop.

Op die vraag aan Stoner of die gesegde waar is dat ’n jaer ’n tiende van ’n sekonde stadiger is elke keer as ’n kind gebore word, het hy geantwoord: “Toe ek getrou het, het ek die kampioenskap gewen en laas jaar toe ek hoor my vrou is swanger, wen ek my tweede wêreldtitel. So ek twyfel of my vaderskap ’n invloed op my spoed sal hê.”

Terwyl die tegnici aan die Honda gaan werk voor die volgende toetse op 28 Februarie, sal Casey pa word. Die stophorlosie sal egter nie jok in enige sessie daarna nie.

– Volg Nuus24 op Twitter.

Lees meer oor: motogp

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Sportkommentaar

Attie sê... As die kern van Heyneke se Bokspan verniel word gaan ons sukkel teen die pommies.Bulls gaan erg sukkel teen die lions en Sharks. Wat se Naas vir die Bulls en Stoermers? Die reeks word nie in Mei maand gewen. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. Partly cloudy. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers late. More sun than clouds. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

NISSAN

NP200 1.6 High PU
2009
R 119,990.00

PEUGEOT

307 SW XS 2.0 Estate
2004
R 105,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.