Stofile verklaar oorlog oor Caster

2009-09-11 14:02
Tweets Share Share line Print

Pretoria - Makhenkesi Stofile, minister van sport en ontspanning, het 'n oorlog verklaar as die Internasionale Vereniging van Atletiekfederasies (IAAF) Caster Semenya by kompetisies uitsluit omdat sy 'n hermafrodiet is.

Stofile het Vrydag gesê dit sal onregverdig wees om Semenya te verhoed om as 'n vrou aan kompetisies deel te neem.

Hy het tydens 'n mediakonferensie aangekondig dat Semenya se geslagstoetse toon sy is met albei geslagsorgane gebore.

"Ek dink dit sal die Derde Wêreldoorlog wees. Ons sal tot die hoogste vlak gaan om só 'n besluit teen te staan. Dit sal heeltemal onregverdig wees."

Stofile se departement is besig om regsadvies in te win oor Semenya se regte wat in die proses geskend is.

"Die ministerie is teleurgesteld oor die manier waarop die situasie hanteer is, veral nadat die IAAF 'n vergadering saamgeroep het."

"Niemand twyfel nou meer oor haar geslag nie. Nou is die kwessie die persentasies van haar geslag. Dit is oneties en walglik."

Stofile het gesê Semenya ís 'n meisie al bevestig verslae dat sy tweeslagtig is.

"Die toetse toon dat sy tweeslagtig is. Vir my beteken dit niks. Waar is die wetenskap dat hermafrodiete 'n voordeel het? Ek dink nie sy is 'n vrou nie. Sy is maar net 'n kind wat dit geniet om groot te raak."

IAAF het vroeër gesê Semenya se wêreldtitel sal nie van haar af weggeneem word nie, maar het bevestig dat vier ander atlete in soortgelyke situasies gevra is om hul loopbane te beëindig.

Die 18-jarige wêreld 800m-kampioen het volgens berigte in die Daily Telegraph nie 'n baarmoeder of eierstokke nie.

Dié koerant in Australië het 'n anonieme bron aangehaal wat die inligting rondom Semenya se geslagstoetse bekendgemaak het. Volgens die IAAF moet die uitslae van die toetse eers in November bekendgemaak word.

Semenya gaan glo aangeraai word om so spoedig moontlik ’n operasie te ondergaan omdat haar toestand baie ernstige gesondheidsgevare inhou.

Luidens dié berig het die toetse ook aan die lig gebring dat Semenya interne testikels het wat testosteroon vervaardig. Sy het glo drie keer meer testosteroon as ander vroue-atlete.

Semenya is sedert verlede maand in 'n herrie oor haar geslag gedompel nadat sy die 800m in 1:55.45 by die Wêreldbyeenkoms in Berlyn kafgedraf het. Dit is die vinnigste tyd in die wêreld vanjaar.

Die IAAF het toe ongeag Semenya se prestasie op 'n geslagstoets aangedring.

Intussen het pres. Jacob Zuma in Semenya se verdediging gesê die media het haar privaatheid geskend.

"Ons het 'n meisie wat (aan 'n atletiekbyeenkoms) deelgeneem en gewen het. Ek dink nie ons moet met mense se lewens en hul privaatheid speel nie."

"Hoekom kan ons nie die privaatheid tussen 'n dokter en sy pasiënt respekteer nie? Ons het 'n situasie in die land waar ons sê ons respekteer mense se privaatheid en hul regte, maar dan doen ons presies die teenoorgestelde."

Zuma was by 'n mediakonferensie in Kleinmond na 'n vergadering met die leiers van die Europese Unie.

– Sapa

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: iaaf  |  asa  |  caster semenya  |  skandale

Lewer kommentaar op hierdie artikel
17 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Sportkommentaar

Attie sê... As die kern van Heyneke se Bokspan verniel word gaan ons sukkel teen die pommies.Bulls gaan erg sukkel teen die lions en Sharks. Wat se Naas vir die Bulls en Stoermers? Die reeks word nie in Mei maand gewen. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. Partly cloudy. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers late. More sun than clouds. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

NISSAN

NP200 1.6 High PU
2009
R 119,990.00

PEUGEOT

307 SW XS 2.0 Estate
2004
R 105,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.