Steeds geen woema in SA-marathon

2011-02-14 09:37
Tweets Share Share line Print

Pretoria - Die gebrek aan diepte in Suid-Afrikaanse marathonwedlope is Sondag in George weer uitgewys toe Lusapho April maklik in 2 uur 13 minute en 21 sekondes gewen het.

Coolboy Ngamole was tweede 2:14:29 en Benedict Moeng derde in 2:16:10.

Dit is verblydend dat April se wentyd byna drie minute vinniger as Ngamole se wentyd van verlede jaar is. Ngamole se tyd is ook sy beste nog.

Maar as daar ooit ’n dag was waarop ’n Suid-Afrikaanse atleet werklik weer ’n slag ’n vinnige tyd in ’n plaaslike marathon kon hardloop, was dit gister. Die atlete kon nie om beter weersomstandighede gevra het nie. Dit was koel en windstil op ’n plat roete.

Die atlete het die eerste 14 km in 45:42 afgedraf, maar ná 28 km was dit duidelik dat net April of Ngamole ’n kans sou hê om te wen nadat al die ander atlete begin uitsak het.

April het stadigaan Ngamole begin agtergelaat. Die oomblik toe hy seker was dat hy gaan wen, het tyd nie meer saak gemaak nie. Toe was dit vir hom ’n geval van draf net tot die wedloop klaar is en steek die R50 000 as wenner in sy sak.

Kenners meen April kan die eerste atleet sedert 2000 word wat ’n marathon in Suid-Afrika in minder as 2:12:00 wen, maar dan moet iemand hom end-uit bly jaag.

Soos verwag is, het Charné Rademeyer die vroue-wedloop gewen. Haar wentyd van 2:44:44 is egter niks om oor opgewonde te raak nie. ’n Mens kan maar net wonder wat sou gebeur het as René Kalmer, Irvette van Blerk, Tanith Maxwell en Annerien van Schalkwyk deelgeneem het.

Nick Bester, ’n voormalige Comrades-wenner wat die afgelope paar jaar ten nouste by Suid-Afrikaanse padatletiek betrokke is, skryf die teleurstellende vertonings toe aan die feit dat plaaslike marathon-atlete te gemaklik is en hulle kan ook nie beplan nie.

“Die atlete se fokus is totaal verkeerd. Ek weet van ’n atleet wat verlede week ’n marathon in Sasolburg gewen het en dan verwag hy om steeds op die nasionale byeenkoms goed te vertoon,” sê Bester.

“Enigeen wat iets van padwedlope af weet, sal besef jy kan nie op twee agtereenvolgende naweke mededingende tye in ’n marathon hardloop nie.” 

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.

- Sport24  

Lees meer oor: atletiek  |  atlete  |  marathon

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Sportkommentaar

Attie sê... As die kern van Heyneke se Bokspan verniel word gaan ons sukkel teen die pommies.Bulls gaan erg sukkel teen die lions en Sharks. Wat se Naas vir die Bulls en Stoermers? Die reeks word nie in Mei maand gewen. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. Partly cloudy. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers late. More sun than clouds. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

NISSAN

NP200 1.6 High PU
2009
R 119,990.00

PEUGEOT

307 SW XS 2.0 Estate
2004
R 105,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.