Sportsterre met Nasionale Ordes vereer

2009-12-12 09:13
Tweets Share Share line Print

Erika Gibson

Khotso Mokoena moes sy lang, lenige lyf dubbel vou sodat pres. Jacob Zuma kon bykom om sy toekenning om sy nek te hang.
Natalie du Toit het weer ’n spesiale omhelsing van die president gekry.

En vir ’n verandering was Lewis Gordon Pugh in ’n pak klere eerder as in die ysige Arktiese seewater.

Saam was hulle onder die groepie Suid-Afrikaners wat gister met Nasionale Ordes as uitsonderlike landsburgers deur Zuma vereer is.

Du Toit en Pugh is met die Orde van Ikhamanga (goud) vereer vir hul prestasies as swemmers – Du Toit, weens die feit dat sy ten spyte van haar gestremdheid steeds onder die beste swemmers ter wêreld tel.

Pugh het reeds in elke oseaan geswem, maar hom onderskei deurdat hy as “menslike ysbeer” ook al in die Noordpool en in Antarktika gewys het waartoe die mens in staat is. Pugh is verder vereer vir sy bydrae om bewustheid oor aardverhitting te skep – veral waar ysberge besig is om te smelt, koraalriwwe doodgaan en laagliggende eilande onder die water verdwyn.

Mokoena, Suid-Afrika se voorste verspring-atleet, het die Orde van Ikhamanga (brons) ontvang vir sy atletiekprestasies.

“Mokoena het aan die jeug van Suid-Afrika bewys dat dit moontlik is om drome uit te leef,” lui sy sitaat. Hy kom uit ’n nederige werkersklasfamilie, maar het met deursettingsvermoë die boonste sport van atletiek bereik.

Volgens Zuma het dié sportmanne en -vrou, tesame met die ander ontvangers van die ordes die lewens van ander Suid-Afrikaners verryk sodat die land met reg homself as ’n nasie van helde, heldinne en presteerders kan noem.

“Voor 1994 het ons geen gemeenskaplike identiteit gehad nie. Ons was ’n veranderende nasie vol vrese en onsekerheid. Mense soos dié help ons om selfs met ons verskille steeds saam te staan,” het Zuma gesê.

Hy het ook aangekondig dat die ordes voortaan net een keer per jaar toegeken gaan word.

Dit sal op 27 April elke jaar gebeur om saam te val met Vryheidsdagvierings.

“Dít sal aan dié dag nuwe betekenis gee om ons nasionale helde en die stigtersvaders en -moeders van ons demokrasie te vereer.”

- Beeld
 

Lees meer oor: jacob zuma  |  sport

binne nuus24

Nuutste Sportkommentaar

Attie sê... As die kern van Heyneke se Bokspan verniel word gaan ons sukkel teen die pommies.Bulls gaan erg sukkel teen die lions en Sharks. Wat se Naas vir die Bulls en Stoermers? Die reeks word nie in Mei maand gewen. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. Partly cloudy. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers late. More sun than clouds. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

NISSAN

NP200 1.6 High PU
2009
R 119,990.00

PEUGEOT

307 SW XS 2.0 Estate
2004
R 105,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.