Sportamptenare geskors
2011-11-22 14:21
Johannesburg – Nege amptenare van die departement van sport en kultuur is geskors ná bewerings van wanadministrasie, het dié departement se woordvoerder, Abe Mogashoa, Dinsdag gesê.
Hy het gesê drie senior bestuurders en ses junior amptenare is verlede week geskors.
Sommige van die geskorste amptenare het verlede Woensdag voor 'n tugkomitee verskyn om vir uitstel te vra.
Mogashoa het gesê die departement het voldoende inligting gehad om dadelike skorsings op te lê.
Hy wou nie die name van die geskorste amptenare bekendmaak nie.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
- SAPA